Local newsNews

Leerders, skool terrein met gebede omvou

Almal het in ‘n kring vergader en het die geleentheid gekry om vir die skool te bid.

Lede van die gemeenskap het by Hoërskool JW Luckhoff vergader om ‘n bidgroep te vorm en vir die leerders van JW Luckhoff se geestelike genesing en welstand te bid.

 
Riëtte Höll (onderwyseres van Hoërskool JW Luckhoff) het op 11 Junie leraars van verskillende kerke genooi om deel te neem aan die bidgroep.

 

Pastoor Thabiso Kubheka van die Acts Family Church bid op sy knieë vir die leerders van Hoërskool JW Luckhoff se welstand en geestelike genesing. Vier groepe was gevorm om op die verskillende hoeke van die skool te bid.

 

“Die Here het dit op my hart gedruk dat daar ‘n bidgroep gevorm moet word om vir die leerders te bid,” het sy gesê.

 

Leraars wat Höll genooi het was Thabiso Kubheka (Acts Family Church), Werner Lombaard (Heidelberg AGS Kairos Kerk) en Mariza Cronje (onlangs gekwalifiseerde pastoor en vrywillige berader vir Hoërskool JW Luckhoff). Daar was 15 mense in totaal wat deelgeneem het, insluitend Jaco Kritzinger van Lesedi Care Centre (LCC) en Kapt Lena Ras van Heidelberg SAPD.

 

‘n Bidgroep het by Hoërskool JW Luckhoff bymekaargekom om vir die leerders se welstand en geestelike genesing te bid. Elke lid het die geleentheid gehad om te bid.

 

Almal het in ‘n kring vergader en het die geleentheid gekry om vir die skool te bid.

 
Höll het die bidgroep in vier groepe gedeel wat na die verskillende hoeke van die skoolterrein beweeg het.

 

Lede van ‘n bidgroep het by Hoërskool JW Luckhoff bymekaar gekom om vir die welstand en geestelike genesing van die leerders te bid. Hulle het in ‘n kring gestaan en almal het die geleentheid gekry om te bid.

 

“Die plan is om ‘n ‘net’ van gebede wat die skool sal beskerm, te vorm,” het sy verduidelik.

 

Elke groep het ‘n paar minute geneem om die skool vanaf die verskillende punte te seën en het weer na die tyd by die beginpunt vergader. Daar het hulle weer ‘n kring gevorm en vir die leerders van die skool se welstand gebid.

 
Die bidgroep sal in Augustus weer by Hoërskool JW Luckhoff vergader. Persone wat belangstel om by die bidgroep aan te sluit, kan vir Riëtte Höll by 082 325 2419 skakel.

 

 

Volg ons op:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button