Local newsNews

Opvolg oor huisbrand: Dit gaan beter met Venter-egpaar

Cindy Venter is Saterdag (22 Junie) uit die hospitaal ontslaan. Adriaan is steeds in die intensiewesorg eenheid, maar die morfien is verminder en hy kon gister effens met ‘n kopknik kommunikeer.

Die egpaar is op 16 Junie beseer toe ‘n brand in die vroeë oggendure in hul huis in DF Malanstraat 93 ontstaan het. Hulle was in die huis vasgekeer en Cindy het by ‘n sekuriteitshek om hulp geskree, waarna bure tot die paartjie se redding gekom het.  Adriaan het reeds sy bewussyn verloor teen die tyd dat hulp opgedaag het en het verskeie operasies in ‘n Johannesburgse hospitaal ondergaan.

 

Cindy het gister haar dankbaarheid op Facebook uitgespreek: “Hello julle, ek wil net vir almal dankie se wat goedjies geskenk het. Daar is nie woorde nie. Dankie voel te min. Ek is ontslaan, maar my man Adriaan is nog in ICU. Hy is sterk en verbeter daagliks.”

 

Suzan Basson van Crime Stop sê dit is baie belangrik dat mense deursleutels naby aan die deur bêre. Laat dit altyd op dieselfde plek sodat jy weet waar om dit in ‘n noodsituasie te vind. “Ongelukkig beveilig ons onsself so baie dat ons huise as’t ware in tronke omskep word. Dit is daarom uiters noodsaaklik om altyd ‘n wegkom roete vooruit te beplan. Maak seker almal in die huis weet wat om in ‘n noodsituasie te doen,” het sy gesê.

 

Suzan het ook teen veiligheidshekke in gange gewaarsku aangesien dit jou wegkomkans kan belemmer en sou jy deur rowers in jou huis oorval word, word jy in jou slaapkamer vasgekeer. Indien hulle deur ‘n kamervenster toegang tot die huis verkry het, het jy nie ‘n wegkomkans nie. Met ‘n brand is ‘n gang  sekuriteitshek  nog gevaarliker aangesien jy nie maklik van vlamme kan ontvlug nie.

 

Skenkings van klere (nommer 13 seuns- en meisieklere) en nommer 4 skoene vir albei kinders. Los XXXLarge klere vir Cindy en Adriaan (noupassende klere sal hul brandwonde skaaf) en enige beddegoed, handdoeke en ander huishoudelike benodigdhede kan by Walkerstraat 107 of Romynstraat 101, Rensburg afgelaai word. Kontantskenkings kan in die volgende rekening betaal word: Venter Foundation, 1649057456, Capitec Bank, Heidelberg of skakel Liza by 079 847 5712 of Daleen by 074 917 1573 vir meer inligting.

 

 

Lees volledige berigte met foto’s in HERAUT van 26 Junie. HERAUT vra by voorbaat verskoning vir enige name van mense wat gehelp het om die egpaar daardie nag uit hul huis te red, wat nie genoem word nie. Dit was ‘n spanpoging van die hele buurt en dit was moeilik om al die betrokkenes op die naam te noem.

 

Volg ons op:

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button