Local newsNews

Kettingbotsing in Schoemanstraat

‘n Wit Volkswagen Polo is na bewering die oorsaak van ‘n kettingbotsing wat om 11:30 in Schoemanstraat plaasgevind het.

‘n Wit Volkswagen Polo is na bewering die oorsaak van ‘n kettingbotsing wat om 11:30 in Schoemanstraat plaasgevind het. Volgens Lappies Labuschagne (Lesedi Brand- en Nooddienste se skofbevelvoerder) het die Polo remme aangeslaan waarna ‘n Bantam bakkie, Toyata Avanza asook ‘n Nissan Cabstar in mekaar vasgery het.

 
Die drywer van die Cabstar is met beserings  na Suikerbosrand Life Hospitaal geneem. Geen ander beserings is aangemeld nie.

 
Konstabel Mtandana van Heidelberg SAPD het bevestig dat dit ‘n ongeluk was en geen opsetlike kwaaddoening word ondersoek nie.

 
Slegs een baan aan beide kante in Schoemanstraat is oop vir verkeer. Verkeersdienste, SAPD en Lesedi Barnd- en Nooddienste is op die toneel en tans besig met opruimingswerk.

 

 

 

Volg ons op:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button