Local newsNews

Substasie brand na dief kabels probeer steel

Hy het aan elektriese skok en brandwonde gely.

Een van Heidelberg se bekende Nyaope gebruikers het die krag substasie in Stasiestraat in vlamme laat opgaan nadat hy elektriese kabels probeer steel het.
Manne van Eskort sê dat hulle omstreeks 16:30 ‘n harde slag gehoor het. By nadere ondersoek het hulle gesien dat die substasie brand.

 

Omstanders het die verdagte agternagesit en in Meyerstraat aangekeer. Hy het aan elektriese skok en brandwonde gely.
Die substasie voorsien krag aan groot besighede soos Eskort, maar dit behoort nie die wonings in die omgewing te beïnvloed nie.

 

Lesedi Brand- en Nooddienste was vinnig op toneel en het die brand geblus. Eskort se manne het gaan help om die vlamme by die naburige Shalom kinderhuis te blus.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button