Gewapende rowers oorval vrou in Jordaanpark huis
‘Hulle het my met ‘n vuurwapen beveel om stil te bly en op die grond te gaan lê.’
‘n 58-Jarige vrou is vanmiddag omstreeks 13:30 in haar huis in Leeustraat, Jordaanpark deur drie gewapende rowers oorval.
Doreen Jacobs het pas van die dorp teruggekeer en was in die kombuis besig toe sy ‘n harde slag hoor. Toe sy gaan ondersoek instel, het sy by die voordeur in die rowers vasgeloop.
Die buitehek (met geëlektrifiseerde omheining) was toe en haar voertuig was in die motorhuis toegesluit. Die mans het waarskynlik die hek van sy spoor gelig en die voordeur met sekuriteitshek oopgebreek.
Hulle het haar op die grond gedwing, terwyl hulle die huis van waardevolle items beroof het. Hulle het ook haar handsak en selfoon geroof.
Sy is in die badkamer toegemaak, voor die verdagtes gevlug het. Doreen het nie gesien of hulle met ‘n voertuig of te voet gevlug het nie.

| Volg ons op: | ||
![]() |




