Local newsNews

Vlytige vingers woeker ondanks winterkoue

Dames van Rensburg VLU het op 11 Junie tydens hul maandelikse vergadering geleer om handgeweefde boekmerkte van wol te maak.

Dames van Rensburg VLU het op 11 Junie tydens hul maandelikse vergadering geleer om handgeweefde boekmerkte van wol te maak.

 
Trudie Potgieter het aan elke dame ‘n karton weefraam gegee waarna sy aan hulle demonstreer het hoe om die weefwerk te doen. Die raam het fyn spykers aan weerskante met hekelgaring tussendeur gespan. Wol word dan gebruik om die boekmerkte te weef.

 
Trudie het gesê dat die dames die boekmerke agterna met enigiets moois van krale tot tossels kan versier.

 

Thea Jordaan van Rensburg VLU wys hier die handgeweefde boekmerk wat sy besig is om te maak. Agter haar is Bettie van der Merwe druk besig met haar handwerkstuk.

 
Die vergadering het hierna hul opedag op 17 September bespreek. Elmien Botha sal as gasspreker optree. Sy is ‘n spreker met ‘n Christelike inslag, komies, inspirerend en uniek.
Verskeie uitstallers sal hul ware vertoon en gaste sal oudergewoonte aan smaaklike geregte kan smul.

 
Kaartjies vir die middag wat om 13:30 by die Gereformeerde Kerk  (ingang in Pretoriusstraat) afskop, beloop R40 per persoon.

 
Rensburg VLU se volgende vergadering is op 16 Julie om 14:00 by die Gereformeerde Kerk. Vir meer besonderhede of om kaartjies vir die opedag te bespreek, skakel Thea Jordaan by 066 213 8947.

 

Volg ons op:

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button