Local newsNews

Opskorting van Rooimiere-registrasie maak deur oop vir onwettige besettings

Psira sê in ʼn verklaring die Rooimiere, ʼn private veiligheids-en uitsettingsdiens, het “gevoelloos” opgetree met die sloping van strukture en dit het gelei tot ʼn “miskenning van die menseregte” van mense van Alexandra.

Die opskorting van die Rooimiere se registrasie by die reguleringsowerheid vir die private veiligheidsbedryf (Psira) is kommerwekkend en maak die deur oop vir die bevordering van onwettige grondbesetings en grondgrype.

 

Luidens mediaberigte wil dit voorkom of Psira onder politieke druk geswig het om teen die Rooimiere op te tree na onlangse uitsettings en die sloping van onwettige strukture in Alexandra. In hierdie verband is dit veelseggend dat die EFF die optrede teen die Rooimiere dadelik verwelkom het.

 

Psira sê in ʼn verklaring die Rooimiere, ʼn private veiligheids-en uitsettingsdiens, het “gevoelloos” opgetree met die sloping van strukture en dit het gelei tot ʼn “miskenning van die menseregte” van mense van Alexandra.

 

Die VF Plus aanvaar dat die Rooimiere, wat gewoonlik kragtens ʼn lasbrief optree, dit ook in hierdie geval gedoen het, en sien nêrens dat hy buite die mandaat van sy opdrag opgetree het nie.

 

Die feit dat die diens se hande nou gebind is, maak die deur oop vir die bevordering van grootskaalse grondbesettings en dit is veral munisipale gronde wat bedreig word. Oop spasies soos parke kan nou beset word en indien die besetters nie binne die voorgeskrewe tyd verwyder word nie, kan die probleem vinnig vererger.

 

Stadsrade se hande is met hierdie optrede teen die Rooimiere afgekap aangesien die Rooimiere wyd algemeen gebruik is met onwettige besettings. Munisipale owerhede het nie die vermoë om dit self te doen nie.

 

Dit is nog ʼn voorbeeld waar diegene wat binne die wet optree gestraf word terwyl die wetsoortreders straffeloos gelaat word. Die situasie kan ernstige gevolge hê en die VF Plus sal die Rooimiere se regsaksie teen sy opskorting fyn dophou om seker te maak reg en orde geskied.

 

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

Volg ons op:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button