Local newsNews

Harte klop warm vir skenkings

Die kinders was ingenome met die geskenke en kon nie wag om die Disney geïnspireerde klere aan te pas nie. Daarby het elkeen ook ‘n sagte kombers ontvang.

Lesedi Community Centre sien nie net om na hawelose mense by hulle skuiling in Loveday Straat, Rensburg nie, hulle het ook harte van goud vir weerlose bejaardes en weeskinders.

 
LCC verskaf daagliks kos aan vele straatmense in Heidelberg se middedorp en hulle is afhanklik van skenkings van kos, komberse en warm klere wat hulle aan mense in nood oorhandig. Een van dié skenkings wat van ‘n anonieme skenker ontvang is, was kindermussies, kouse en handskoene wat aan die 11 inwonertjies van die Galaxy Children’s Village (‘n kinderhuis) op 21 Junie oorhandig is.

 

 

Lekker snoesig en warm. Die inwonertjies van Galaxy Children’s Village pas hul geskenke wat hulle van LCC ontvang het, aan.

 

Die kinders was ingenome met die geskenke en kon nie wag om die Disney geïnspireerde klere aan te pas nie. Daarby het elkeen ook ‘n sagte kombers ontvang.

 

Inwoners van Suikerbosoord Dienssentrum vir Bejaardes het warm komberse van LCC ontvang. Jaco Kritzinger (bestuurder van LCC) is hier by die 86-jarige Wessel van Niekerk en Elaine Koekemoer (77).

 
Die bejaardes van Suikerbosoord Dienssentrum vir Bejaardes is ook nie vergeet nie en Jaco Kritzinger (bestuurder van LCC) het op 25 Junie komberse aan inwoners oorhandig.
Indien jy LCC met skenkings of borge wil bystaan, skakel Jaco by 072 575 0081.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button