Lede van Ability Academy Heidelberg het sewe medaljes huis toe gebring in ‘n skopboks toernooi (Galaxy Challenge) wat op 8 Junie in Kempton Park aangebied is.
Dit was die studente se tweede kompetisie van die jaar en Divan Potgieter (8) het ‘n goue medalje in sy afdeling verower. Hy het ook ‘n brons medalje in ‘n hoër afdeling ingepalm.
Janco de Klerk (10) en Wian Potgieter (12) het silwer medaljes in hul onderskeie afdelings verower.
Devinn Kohne (12), Arno Carstens (9) en Christo Dercksen (6) het brons medaljes in hul onderskeie afdelings verdien.
Stian Dercksen het met ‘n vierdeplek net-net die medaljes gemis.
Stefan Pretorius (afrigter) sê elke student het alles tydens hul gevegte ingesit om hul beste te lewer.
| Follow us on: | ||
![]() |




