Local newsNews

Heidelberg ouma en kleinseun in huisroof

Hulle is met dasse, serpe en gordels vasgebind.

‘n 74-Jarige ouma van Vosstraat, Rensburg en haar 19-jarige kleinseun is vanoggend omstreeks 11:00 deur vier gewapende rowers oorval.

 

Mathys Strydom was op pad dorp toe, toe hy iets by die huis vergeet het. Hy het teruggery, by die elektroniese hek ingery, die hek laat toegaan en by die huis ingehardloop.

 

Die volgende oomblik is hy en sy ouma Alida deur die mans oorval en vasgebind. Die rowers het op vuurwapens aangedring en wou nie vir Mathys glo dat daar nie wapens in die huis aangehou word nie. Hulle het die huis omgekeer en verskeie items (waaronder Alida se ring) geroof.

 

 

Die rowers het hierna in Alida se Volkswagen Golf weggery. Mathys het egter sy selfoon in die voertuig vergeet en kon (met behulp van ‘n opsporingstelsel in die foon) die polisie help om die voertuig te volg.

 

Dit is later in Tsakane opgespoor.

 

Heidelberg GPF se HA2 (beheerkamer) dames asook patrolleerders het goed saamgewerk en was instrumenteel daarin dat Heideberg Polisie die sein van die gesteelde voertuig kon volg. Toe die sein in Tsakane opgetel word, het Heidelberg SAPD dit aan Tsakane polisie oorgegee wat die voertuig opgespoor het.

 

 

Volg ons op:

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button