Local newsNews

Blinklywe speel saam

30 Lede van Balfour Hengelklub het ‘n totale vangs van 82 vis met ‘n gesamentlike gewig van 62.343kg by Biermans op 6 Julie aan wal gebring.

In die senior mans afdeling het Bennie Kriel met sy vangs van 12 vis met ‘n gewig van 8.910 kg gewen. Pieter Swanepoel is tweede met ses vis (6.310kg) en in derdeplek is Heine Terblanche met sy sewe vis (4.612kg).

 
Ingrid Kriel het in die dames afdeling met ses vis van 4.597kg gewen. Zaskia Schutte is met drie vis (4.091kg) in tweedeplek en Vianca Fourie derde met vier vis van 1.569kg.

 

 

Zaskia Schutte is in tweedeplek in die dames afdeling met 3 vis van 4.091kg. Hier is sy met haar karp van 3.235kg wat sy by Biermans gevang het.

 

Pieter Taljaard het in die junior afdeling met een vis van 3.800kg gewen. Kallie Kriel is in tweedeplek met drie vis (1.638kg) en Harald van der Merwe derde met twee vis van 1.618kg.

 
Die swaarste visse is deur die volgende hengelaars uitgetrek: Pieter Taljaard (karp van 3.800kg), Sonja Brits (graskarp van 0.760kg), Bennie Kriel (moddervis van 1.227kg) en Heine Terblanche (geelvis van 0.840kg).

 
Balfour Hengelklub se lede sal weer op 3 Augustus by Morgenson vir die maandelikse hengelkompetisie vergader. Persone wat daarin belangstel om by die hengelklub aan te sluit kan vir Lukas Scholtz by 084 757 6058 of Jaco van der Merwe by 082 323 6284 skakel.

 

Volg ons op:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button