Local newsNews

Swemmers berei vir ysswem voor

"Ons gaan bibber vir liefdadigheid" - Tolla Pieterse

HEIDELBERG – Majoor CJ (Tolla) Pieterse is reg vir die Lesotho Ice-Swim in Lesotho wat hierdie naweek (28 Julie) plaasvind. Met onder vriespunt water en hope ondersteuning beoog Pieterse om van die dag ‘n groot sukses te maak.

 

“Te veel mense kry ongesiens swaar. Baie van ons kry geleenthede en niks hou ons terug om elke geleentheid ten volle te benut en dalk iemand anders se lewe te verander nie,” het Maj Pieterse gesê.

 

Tolla Pieterse (swemmer) en Marla Pieterse (ondersteuningsroeier) maak gereed vir die oggend se oefen ter voorbereiding vir die Lesotho Ice-Swim wat van 28 Julie tot 1 Augustus by Afriski in Lesotho plaasvind.

 

Maj Pieterse en ander kranige swemmers oefen elke naweek in die koudste water wat hulle kan vind ter voorbereiding van die Lesotho Ice-swim. Die Lesotho Ice-Swim word jaarliks by Afriski gehou en swemmers van alle rasse en geslagte neem aan die marathon deel. Die water word ‘n ysige 0° Celcius en swemmers begin weke voor die tyd hul liggame vir dié swem voorberei.

 

 

Die koue waters van Lesotho is Tolla Pieterse se voorland wanneer hy vir liefdadigheid dié koue water tydens die jaarlikse Leotho Ice-Swim by Afriski van 28 Julie tot 1 Augustus aandurf.

Die SAVF Heidelberg-tak is die liefdadigheid organisasie waarvoor Maj Pieterse gaan swem. “Ek voel my swaarkry gaan tydelik wees, maar ander se swaarkry is daagliks en ek voel ‘n mens moet help waar jy kan,” het hy gesê.

 
Vir donasies aan die projek kan fondse in die volgende rekening by Investec Bank Hemek Family Trust inbetaal word: rekening nommer 100 115 54561, takkode 580 105, SWIFT/BIC kode IVESZAJJXXX gebruik word. Gebruik die verwysing “Ice Swim” wanneer donasies gemaak word.

 

 

Volgens Tolla Pieterse is om in koue water te swem die beste manier om voor te berei vir die Lesotho Ice-Swim waaraan hy van 28 Julie tot 1 Augustus in Lesotho gaan deelneem.

 

 

Vir meer inligting kan Maj Tolla Pieterse by 084 040 8377 geskakel word.

 

 

‘n Helpende hand is soms al wat jou bene laat werk wanneer jy uit ysige water klim nadat jy 500 meter daarin geswem het. Tolla Pieterse klim hier uit die water waar hy ter voorbereiding vir die Lesotho Ice-Swim swem.

 

Volg ons op:

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button