Cristopher Strydom het toeskouers en sy oppponente verstom toe hy tydens die Oos-Gauteng Watersport Winterkampioenskappe vyf goue- , drie silwer- en twee brons medaljes ingepalm het.
Huib Sprong, Jaydon Barnard, Willem-Jan Sprong en Cristopher Strydom van Dynamo Aquatics het 13 Julie aan die Winterkampioenskappe by Boksburg-Noord Swembad deelgeneem. Huib is 15de in die 100m vlinderslag, 11de in die 50m borsslag, 17de in die 100m vryslag, 21ste in die 50m rugslag asook in die 100m (IM). Willem-Jan is 35ste in die 50m borsslag, 38ste in die 100m vryslag, 41ste in die 50m rugslag en 29ste in die 100m (IM). Jaydon het goed presteer en is 11de in die 50m borsslag, 13de in die 100m vryslag, 12de in die 50m rugslag en 11de in die 100m (IM).
Cristopher spog met vyf goue medaljes vir die 100m en 50m vlinderslag, 100m en 50m vryslag en die 100m (IM). Hy het silwer vir 100m en 50m rugslag asook die 100m (IM) ontvang. Hy het ook brons medaljes vir die 100m en 50m borsslag ingepalm.
Dynamo Aquatics is as algehele wenners van die seunskompetisie gekroon. Individuele word deur die jaar op onderskeie tye van die jaar gekies om deel te van die EGA Xcel squad te wees. Cristopher, Huib en Simoné Moll (vroeër vanjaar) is almal vir die EGA Xcel squad gekies waar Cristopher vir die junior elite-span gaan swem en Huib vir die junior-span. Simoné is vir die senior elite-span gekies. Die Xcel-squad is oefengroepe wat talentvolle swemmers identifiseer en dan vir addisionele kursusse en oefenkampe stuur.
Dynamo Aquatics se volgende gala vind op 31 Augustus plaas net voor die somerliga op 14 September begin. Vir navrae kan Thilde de Kock (afrigter) by 083 730 8886 geskakel word.
| Volg ons op: | ||
![]() |




