Die Rooi Haan sorg vir vol mae
Die Rooi Haan bied ook heerlike ontbyte en het ‘n rak vol tuisgemaakte gebak waarmee jy jou koekie- en beskuitblikke kan vul.
Suikerbosoord Dienssentrum vir Bejaardes is nie net ‘n ware tuiste vir inwoners nie, maar die publiek maak ook van fasiliteite by die oord gebruik.
Die Rooi Haan is ‘n eetplek in ‘n gesellige kuierhoek wat ‘n vriendelike atmosfeer vir inwoners sowel as die publiek bied. Die eetplek dien ook as bykomende inkomste vir die oord. Voorafbeplande etes word weekliks voorberei en kan ook as wegneemetes bestel word. Dit is ‘n gebalanseerde bord kos wat weeksdae teen R40 voorberei word.
Die Rooi Haan bied ook heerlike ontbyte en het ‘n rak vol tuisgemaakte gebak waarmee jy jou koekie- en beskuitblikke kan vul. Sondae kan jy jou familie met ‘n volledige Sondagmaal bederf.
Wegneemetes moet ‘n dag voor die tyd en Sondag maaltye die vorige Vrydag voor 12:00 bestel en betaal word.
Die Rooi Haan is Maandag tot Vrydag en Sondae van 08:00 tot 14:00 oop en klante kan hul etes met iets te drinke op die perseel geniet of dit kan huis toe geneem word.
Vir meer besonderhede oor die Rooi Haan of vir bestellings, kan die oord by 016 349 5180 of 061 429 1712 geskakel word.
| Volg ons op: | ||
![]() |




