Local newsNews
Jordaan se saak uitgestel
Jordaan, ‘n sakeman van Heidelberg word van meer as R100 miljoen se beleggingsbedrog verdink.
Jaco Jordaan het vlugtig op 22 Julie in die Evander Streekhof verskyn en die saak is tot 4 September uitgestel.
Jordaan, ‘n sakeman van Heidelberg word van meer as R100 miljoen se beleggingsbedrog verdink. Hy kon nie die vorige verskyning op 15 Maart bywoon nie, omdat hy ‘n noodoperasie moes ondergaan. Tydens dié sitting in Secunda, is besluit om die saak na die Evander Streekhof oor te plaas.
Heelwat bejaardes van Kriel, Secunda en omgewing het glo hul pensioengeld by Jordaan belê. Hy is tans op borg van R50 000 uit, terwyl die hofsaak sy loop neem.
| Volg ons op: | ||
![]() |
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




