Local newsNews

Beserings kelder Heidelberg manne se hoop op Kestrel-beker

Die span moes met ‘n eindtelling van 44-10 in Elsburg se guns tevrede wees.

Hoewel Heidelberg Rugbyklub se eerstespan tot die eindfluitjie geblaas het geveg het, kon hulle nie die manne van Elsburg in die semi-finaal van die Kestrel-liga op 3 Augustus klop nie.

 
Sean Greyling (voorsitter) sê die span het swaar getrek weens talle beserings wat spanlede die afgelope paar weke geteister het. Gedurende die wedstryd is nog twee van die Berge se spelers beseer.

 
Die span moes met ‘n eindtelling van 44-10 in Elsburg se guns tevrede wees.

 

“Die bestuur en afrigtingspan onder leiding an hoofafrigter Jaco van Rensburg is trots op elke speler wat gewys het hulle staan vir niemand terug nie. Die bestuur wil ook almal wat ernstige beserings opgedoen het, ‘n spoedige herstel toewens. Ons wil ook vir Dirk Potgieter bedank vir sy goeie spel en gees wat hy altyd openbaar het. Dirk het sy laaste wedstryd vir die Berge gespeel nadat hy besluit het om sy stewels weens gesondheidsredes op te hang. Heidelberg Rugbyklub gaan jou mis,” het Greyling gesê.

 
Heidelberg se damesspan speel op 17 Augustus ‘n vriendskaplike wedstryd teen Benoni  in Brakpan. Die wedstryd sal om 09:00 afskop en die dames vra dat inwoners hulle sal ondersteun. Die finaal van die mansspanne  in die Kestrel-liga (Elsburg teen Vanderbijlpark) sal ook op dié dag in Brakpan gespeel word.

 
Die Berge se rugbyseisoen is nog nie klaar nie. Hulle gaan die volgende drie weke hard aan die oefen wees vir die belangrikste wedstryd van die jaar wanneer Heidelberg en Nigel in die HERAUT beker teen mekaar te staan kom. Dié wedstryd vind op 24 Augustus in Nigel plaas.

 
Belangstellendes wat by die klub wil aansluit, is welkom om oefening op Dinsdae en Donderdae om 18:00 by Laerskool AG Visser se velde by te woon, of skakel Sean by 083 611 2581 vir meer besonderhede.

 

Volg ons op:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button