Local newsNews

Nigel Rugbyklub se manne kraai koning.

Erik Ruthven en Pierre van der Walt is as spelers van die wedstryd aangewys.

Nigel Rugbyklub se eerstespan het op 3 Augustus voor ‘n groot skare ondersteuners op John Vorster Stadion die Merlin-liga beker ingepalm deur Sasolburg se eerstespan met 44-14 te vermorsel. Dit is die sesde jaar dat Nigel Rugbyklub in die liga speel, waarvan hulle drie finale wedstryde gewen het.

 
Die span het die oorwinning bereik deur harde werk, dissipline, uithouvermoë en ‘n spanpoging soos min in noue samewerking met hul afrigters en bestuur.

 
Ná ‘n goeie begin deur Sasolburg se eerstespan in die eerste 20 minute, het Nigel eerstes die druk goed hanteer en hul lywe op die spel met rotsvaste verdediging geplaas.

 
Nigel-spelers wat drieë gedruk het is Pierre van der Walt (3), Pierre Labuschagne (2), Mohammed Lottering (1), Robert Botes (1) en Henk Marais (1). Jason Koen het met twee doelskoppe geslaag.

 
Erik Ruthven en Pierre van der Walt is as spelers van die wedstryd aangewys.

 

“Die manne het hart en siel in die wedstryd ingesit en hul harde werk is beloon,” het Hansie van Wyk (afrigter) gesê.

Nigel Rugbyklub se tweedespan het ook hul finale kragmeting in die Merlin-liga gewen nadat hulle Benoni se tweedespan met 18-17 geklop het. Die wedstryd was een vir die boeke. Nigel tweedes het hul man teen Benoni tweedes gestaan en druk op Benoni van die afskop af geplaas.

 
Morné Viljoen (1) en Kobus van Rooyen (1) het vir Nigel se tweedespan drieë gedruk. Ockert Grobler het met ‘n doelskop geslaag en Jaques de Beer het ‘n skepskop oorgeklits. Hy is ook as speler van die wedstryd aangewys.

 
Vir meer inligting oor Nigel Rugbyklub kan Anita Celliers by 082 409 3603 of Louis Bezuidenhout by 082 335 0853 geskakel word.

 

 

Volg ons op:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button