
Vanjaar se Jail or Bail is in volle swang, met ‘aangeklaagdes’ wat deur die polisie vergesel word na die Ou Tronk. Verskeie inwoners het ‘dagvaardigings’ ontvang om as verdagtes in die Jail or Bail fondsinsamelingsprojek van Lesedi Community Centre aan te meld. Die Regters en klerk van die hof is gereed om die ‘aangeklaagdes’ se sake aan te hoor en vonnis te gee. Kom maak ‘n draai by die Ou Tronk in Jordaanstraat om die gevangenes agter tralies te sien. Donasies kan ook geskenk word aan die ‘Tronkvoëls’ vir hul borgtog. Daar is ook heerlike potjiekos deur die MOTHs te koop, drinkgoed is beskikbaar en daar is ‘n springkasteel om die jongspan besig te hou. Kom prikkel jou lagspiere vir ‘n goeie doel.

| Follow us on: | ||
![]() |




