Vermeende oortreders hul rieme styf
Die oplettendheid van besigheidseienaars en lede van Heidelberg GPF se patrolleerders het daartoe gelei dat vier vermeende rowers met ‘n vermoedelik gesteelde Mercedes Benz aangekeer is.
Die oplettendheid van besigheidseienaars en lede van Heidelberg GPF se patrolleerders het daartoe gelei dat vier vermeende rowers met ‘n vermoedelik gesteelde Mercedes Benz aangekeer is.
Die GPF en polisie is in kennis gestel dat vier verdagte mans in a wit Mercedes Benz in die parkeerarea van ‘n besigheidskompleks (met onder andere Sol Nascente, Bamco en Heidelberg Upholsterers) in Schoemanstraat ronddraai.
A/O Wollie Wolmarans en Sersant Vusumuzi Zondo het na die toneel gehaas. Toe die verdagtes die polisie gewaar, het hulle probeer wegjaag. Sersant Zondo sê daar was egter ander voertuie by die uitgang wat die booswigte se ontvlugtingsroete versper het. Die polisie het uitgespring en wapens op die verdagte voertuig gerig, waarna die mans aangekeer is.
Volgens Kaptein Thivhulawi Tshilate (woordvoerder) van Heidelberg SAPD is die nommerplaat van die Mercedes Benz as ‘n soortgelyke voertuig van Pretoria geregistreer. Die eienaar van die geregistreerde voertuig het egter aan polisie bevestig dat sy voertuig in sy besit is. By nadere ondersoek is bevind dat daar aan die voertuig (in die verdagtes se besit) se enjinnommer gepeuter is.
Met die prosessering van die verdagtes van onderskeidelik 28-, 34-, 36- en 38-jaar oud, is bevind dat hulle in verband met ‘n besigheidsroof in Nigel gesoek word. ‘n Pakistani sakeman is vroeër vandeesmaand deur gewapendes beroof.
Die verdagtes bly in aanhouding tot die ondersoek van die SAPD afgehandel is.
| Follow us on: | ||
![]() |




