Local newsNews

Poging om vermeende kapers met veldbrand uit hul wegkruipplek te dwing

Heidelberg polisie en GPF-lede is tans besig om vermeende kapers te probeer uitjaag waar hulle langs die N3-snelweg en ou Albertonpad in die lang gras wegkruip.

Heidelberg polisie en GPF-lede is tans besig om vermeende kapers te probeer uitjaag waar hulle langs die N3-snelweg en ou Albertonpad in die lang gras wegkruip. ‘n Beheerde brand is gestig in ‘n poging om hulle uit die veld te dryf. ‘n Polisie helicopter is ook tans op die toneel waar hulle die kapers vanuit die lug soek.

 

Die voertuig wat vanoggend gekaap is, is voor Berg-en-Dal gelaat nadat die insittendes besef het hulle word agtervolg. Hulle het die voertuig verlaat en in verskillende rigtings laat spaander.

 

LET WEL: DIT IS NIE DIESELFDE VOERTUIG WAT VANOGGEND IN VANDERPILJPARK GEKAAP IS MET ‘N JONG DOGTERTJIE IN NIE.

 

Volgens inligting is ten minste drie van die vermeende kapers reeds vasgetrek, maar kan daar nog drie tot vier in die veld wegkruip.

 

Inwoners word gevra om die omgewing te probeer vermy aangesien die wegkruipers blykbaar gewapen is en nou alles in hul vermoë sal doen om die polisie te probeer ontvlug. Hulle sal dus nie skroom om nog ‘n voertuig te probeer kaap langs die N3 of omliggende paaie nie.

 

‘n Beheerde veldbrand is deur SAPD- en GPF-lede langs die N3-snelweg gestig in ‘n poging om vermeende kapers wat in die veld skuil uit hul wegkruipplek te dwing.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button