Geloftefees by Suikerbosrand feesterrein buite Heidelberg gevier
Gratis kampgeriewe van vandag beskikbaar.

Suikerbosoord se Geloftefees sal weer vanjaar op 16 Desember by die Geloftefeesterrein in die Suikerbosrand Natuurreservaat aangebied word. Feesgangers kan reeds vandag (11 Desember) vanaf 12:00 gratis op die terrein (tot 16 Desember) kampeer.
Saterdag (14 Desember) is daar ‘n bring-en-braai met kuiermusiek vanaf 17:00.
Maandag (16 Desember) sal ‘n erediens om 10:15 deur Ds Corneel Rautenbach waargeneem word. Daarna sal Dr Hennie Botes meer oor die geskiedenis van die Geloftefees vertel. Die dag word afgesluit met die verkoop van koeldrank, kerrie en rys en worsrolle. Gemmerbier sal gratis voorsien word.
Dingaansfeeste in Heidelberg het vanaf 1892 ‘n gereelde instelling geword.
By die feesterrein, wat sowat nege kilometer vanaf Heidelberg op die Meyerton pad geleë is, is ‘n fees in 1904 aangebied. Dit is privaat grond wat aan die feeskomitee geskenk is.
Die fees is ‘n jaarlikse instelling, wat die gelofte wat aan God gemaak is tydens die slag van Bloedrivier, betaal.
Die Suikerbosrand is byna 2000 meter bo seespieël, en dit maak die terrein soveel meer asemrowend.
In 1905 het Dingaansfeeste na patrone teruggekeer wat voor Kruger se begrafnis gevestig is.
In hierdie jare is al meer Afrikanerkultuurorganisasies gestig wat ook met die reël van
Gelofteherdenkings gemoeid was.
‘n Meer suksesvolle byeenkoms het by Klipfontein naby Heidelberg plaasgevind.
Ongeveer seshonderd mense was daar teenwoordig. Die program is deur Ds J van Belkum
(1851-1933) gelei. Die Dingaansdagprogram van 16 Desember het vertellings deur twee dames
wat die Groot Trek persoonlik beleef het, ingesluit.

Op Sondag 17 Desember was die feesgangers nog op die terrein byeen. Al het dit begin reën, het hulle met die eredienste tussen die buie deur voortgegaan. ‘n Feeskommissie is ook gestig.
Hier het met tyd ‘n eie tradisie ontwikkel en een van Transvaal se grootste jaarlikse byeenkomste geword.
Die feesgangers is opregte mense met ‘n oop hand.
Insamelings ten bate van die oprigting van die Vrouemonument in Bloemfontein is onder andere hier gehou.
In die koerant De Volkstem is byvoorbeeld erkenning verleen aan bydraes wat tydens die vierings by Doornkloof, Balfour, Heidelberg en Witklip gemaak is. Die monument is op 16 Desember 1913 onthul.
Gedurende 1880 het die Driemanskap (Kruger, Pretorius en Joubert) verskeie vergaderings deur die
ZAR gehou waar hulle oor die herwinning van die Republiek se onafhanklikheid met die volk gepraat het.
Van 8 tot 14 Desember 1880 is ‘n groot volksvergadering by Paardekraal gehou. Op 12 Desember 1880 was daar reeds tussen vier- en vyfduisend mans byeen toe ds. N.J. van Warmelo (1835-1892) van Heidelberg se Ned. Herv. Gemeente die diens gelei het. Van Warmelo se rol by hierdie geleentheid is later aan Cilliers se optrede voor die Slag van Bloedrivier gelykgestel.
Die feesterrein se kanon en wa is deur die jare gevandaliseer, maar deur Hendrik en ian Olivier gerestoureer. Die gemeenskap is groot dank aan hulle verskuldig.
Vir meer besonderhede oor die naweek se verrigtinge, kan Jorrie Jordaan (voorsitter van die feeskomitee) by 072 470 5180 of Lemont Kriel by 084 511 4759 geskakel word.



