Local newsNewsUpdate

Oud-Springbok was ‘n trotse Volkie

Heidelberg rou saam land oor Ockie Oosthuizen.

Ockie Oosthuizen was ‘n gewilde, vriendelike kind wat in sport uitgeblink het. Só onthou Mnr Ed de la Harpe (voormalige onderwyser van Hoër Volkskool) die oud-Springbokstut wat op 3 Desember in die ouderdom van 64 jaar sy stryd teen kolonkanker verloor het.

Ockie het in 1972 aan Hoër Volkskool matrikuleer en was die kaptein van die rugby eerstespan. Hy was in dieselfde jaar ook kaptein van die Oos-Transvaalse hoërskole rugbyspan.

Mnr De la Harpe sê die destydse skoolhoof Mnr Charl Möller se vrou Erica was veral lief vir Ockie en hy was haar ‘witbroodjie’ genoem. Hy was geliefd onder sy maats sowel as onderwysers. Hy het nie net in rugby uitgeblink nie, maar was ook ‘n gerekende atleet.

“Ockie was ‘n innemende mens wat nooit sy skool vergeet het nie. Hy het ons in 2016 besoek en van sy eie wyn wat hy op sy plaas buite Stellenbosch verbou het, saamgebring. Ek was beïndruk. Dit was heerlike wyn,” het Mnr De La Harpe onthou.

Tydens dié besoek het Corrie Human (voormalige voorsitter van Hoër Volkskool se beheerliggaam) ‘n oorkonde aan Ockie oorhandig. Hy het die skool vir ‘n heerlike kuier en gasvryheid bedank. Hy het gesê dat dit ‘n eer was om sy alma mater te kon besoek.

 

 

Ockie het nege toetse vir die Springbokke gespeel en het ook vir Wes- en Noord-Transvaal uitgedraf. Hy laat sy vrou Susan, drie kinders en twee kleinkinders agter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button