Local newsNews

Nigel SAVF sluit 2019 op hoë noot af

Nigel se tak van die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) het hul amptelike verrigtinge vir die jaar op 4 Desember met ‘n Kersfees program afgesluit.

Nagenoeg 50 behoeftige gesinne het as gaste by deftig versierde tafels aangesit waar hulle van ‘n heilsame ete en nagereg bedien is. Aan musiekvermaak was daar geen tekort nie en die strelende klanke van Nigel se mannekoor het tot ‘n feestelike atmosfeer bygedra.

Na afloop is daar presente onder die kinders uitgedeel en elke gesin het ook ‘n huishoudelike geskenkpak ontvang.

Deur Nigel SAVF se voedselskema word talle gesinne maandeliks van voedselpakke voorsien, maar aangesien dit ‘n nie-winsgewende organisasie is word daar swaar op die publiek gesteun vir donasies en skenkings.

Die organisasie hou ook gereeld fondsinsamelingsprojekte om te verseker dat die voedselpakke gevul kan word en enige persoon wat ‘n bydrae wil maak, kan vir Ina by 072 240 0078 skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button