Bayport hef haweloses op
Lesedi Community Centre inwoners as agente van mobiele virtuele takke opgelei.
Verteenwoordigers van Bayport Finansiële Dienste maak gereeld ‘n draai in Heidelberg waar hulle tans nege inwoners van Lesedi Community Centre (LCC) as agente van hul mobiele virtuele takke oplei.
Die projek is verlede jaar geloods nadat Bayport twee jaar gelede by die sentrum betrokke geraak het. John White (hoof uitvoerende beampte) sê hulle het besef daar is ‘n geleentheid om die sentrum meer te ondersteun deur potensiële personeel te werf. Deur as agente opgelei te word, kry hawelose mense die geleentheid om hulself te bemagtig deur ‘n inkomste te genereer.
LCC huisves 56 hawelose mense en streef daarna om gebreekte en behoeftige mense op te hef.
Lezanne Scholly (bestuurslid) sê Bayport se opleiding beteken baie vir die inwoners se selfbeeld. Hulle voel bemagtig en dat hulle weer ‘n betekenisvolle bydrae in hul samelewing kan maak.
Vir meer inligting oor LCC en die dienste wat hulle aanbied, kan Jaco Kritzinger (bestuurder) by 072 575 0081 geskakel word.



