Padwerke om Laer Volkskool skop af
Die verbetering van paaie om die skool gaan verkeersvloei verbeter

Padwerke om verkeersvloei in die strate om Laer Volkskool te verbeter, het vandag (11 Februarie) begin.
Die spanne het vroegoggend met die opmetings begin en volgens die kontrakteur gaan die proses ongeveer twee weke (afhangende van weersomstandighede) duur.
Motoriste word gevra om bedag te wees en te probeer om dié strate te vermy. Volgens die kontrakteur sal hulle nie tydens spitsverkeersure (wanneer leerders op- en afgelaai word) werk nie.
Strate wat geraak word is Van der Westhuizenstraat (word tussen Marais- en Begemanstraat in ‘n eenrigting verander), Voortrekker en Begemanstraat waar skuinsparkering aangebring sal word.
‘n Verhewe voetoorgang gaan in Van der Westhuizenstraat (by die rugbyveld se hek) aangebring word. Die voetoorgang in Voortrekkerstraat gaan ook ‘n paar meter verder (by die kruising met Pretoriusstraat) verskuif word.




