Local newsNewsUpdate

Boeke vir hondekos verruil

HERAUT kry blink idee vir World Read Aloud Day

Wêreld hardop leesdag is op 5 Februarie gevier en plaaslik het ondernemings en skole ook aan dié inisiatief deelgeneem. Heidelberg DBV het ‘n tweedehandse boekwinkel waar boeke teen R10 per boek verkoop word. Die boeke word deur die publiek geskenk.
HERAUT se redakteur Yvonne van Coller het met die blink idee vorendag gekom om Hi Performance Feeds vir ‘n ruil skenking te nader. Haar voorstel was dat die onderneming 50kg hondekos skenk vir elke 50 boeke wat Heidelberg DBV skenk (wat aan minderbevoorregte skole en ouetehuise uitgedeel sal word).
Albei partye was gretig en Hi Performance Feeds het op 4 Februarie 200kg hondekos aan die DBV geskenk. Op hul beurt het die DBV 200 boeke aan HERAUT geskenk.
Hi Persormance Feeds is in Schoemanstraat of skakel hulle by 016 366 1398.
Inwoners wat boeke wil skenk, kan dit by HERAUT se kantoor in Ueckermannstraat 9 aflaai.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button