Local newsNews

Heigel Fotoklub wys Januarie se bestes aan

Lede van Heigel Fotoklub het op 15 Januarie hul eerste vergadering vir die jaar gehou, waartydens lede se inskrywings vir Januarie se kompetisie beoordeel en die drie bestes aangewys is.

Onder die junior lede is Elize Botha se foto getiteld ‘Iris’ as die beste aangewys, terwyl Michelle van Niekerk as wenner in die senior afdeling aangewys is vir haar foto genaamd ‘The man who has no imagination, has no wings’.

NIGEL – Michelle van Niekerk het die senior afdeling met haar foto genaamd ‘The man who has no imagination, has no wings’ gewen.

Michelle se foto ‘Escape from stainless steel’ is ook as die beste temafoto aangewys. Die tema vir Januarie was vlekvrye staal en vir diĆ© opdrag het Michelle haar kreatiwiteit behoorlik vrye teuels gegee .

NIGEL – Michelle van Niekerk het ook met die beste temafoto benoeming weggestap vir haar foto genaamd ‘Escape from stainless steel’.

Belangstellendes wat by die fotoklub wil aansluit, kan vir Francois van Jaarsveld by 083 659 9657 skakel. Lede vergader elke tweede Woensdag van die maand om 19:00 by Nigel Tennisklub bymekaar.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button