Local newsNewsBreaking News

Oud-hoof van Laer Volkskool oorlede

Mnr Phillip Otto het sedert 1978 in Heidelberg gewoon.

Mnr Phillip Otto is op 9 Maart onverwags ná ‘n kort siekbed in die ouderdom van 76 oorlede.

Hy het in Januarie 1981 as hoof waargeneem nadat Mnr Daan van Zyl afgetree het en is in Augustus dieselfde jaar as hoof aangestel. Hy was die jongste hoof in die ou Wes-Transvaal en in daardie tyd die enigste manlike personeellid van Laer Volkskool.

Mnr Otto was ‘n streng hoof, maar het ook tyd vir grappies gehad. Hy was lief vir sport en het self uitgeblink in tennis. Hy was ‘n vurige aanhanger van die Vrystaatse rugbyspan en die Nasionale Kruger Wildtuin was sy spesiale vakansieplek. Dié kranige jagter kon self vleis bewerk en hy was as die sosatiemaker van die Suikerbosrand NG Kerk se basaar bekend.

Sy dogters Lize en Annegret sê hulle pa het ten minste eenmaal ‘n week gebraai. Hy was ‘n liefdevolle, betrokke pa. Hy was ‘n aardse mens wat sy eie groentetuin bewerk het, maar ook ‘n mense-mens wat in skoolvakansies kospakkies by behoeftige gesinne afgelaai het.

‘n Roudiens word Maandag (16 Maart) om 11:00 vanuit die Suikerbosrand NG Kerk in Uniestraat gehou.

Lees die volledige berig in volgende Woensdag (18 Maart) se HERAUT.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button