Local newsNewsUpdate

Moenie die haweloses vergeet nie

Organisasies het steeds jou hulp nodig.

Moenie van Heidelberg se hawelose mense, gesinne wat swaarkry en nie-winsgewende organisasies tydens die Covid-19 afsonderingsverbod vergeet nie. Dit is die beroep wat Jaco Kritzinger (bestuurder) van Lesedi Community Centre (LCC) op inwoners doen.
Dié organisasie wat etes aan individue sowel as families in nood voorsien, bied ook slaapplek aan sowat 40 hawelose mense. “Ons is afhanklik van skenkings en borge van besighede en die publiek. Omdat mense nie nou kos- en ander benodigdhede kan aflewer nie, vra ons dat inwoners met kontantskenkings sal help,” het Kritzinger gesê.
Die organisasie het onlangs die Galaxy Kinderhuis (met 11 kinders) asook die Indawo Yosizo voedingsprojek oorgeneem. Hulle het ook hande met die SAVF gevat om te help om na minderbevoorregte gesinne in Heidelberg om te sien.
Hy vra dat enige inwoners wat in nood verkeer en met kosskenkings gehelp moet word, hom sal kontak. “Dit is nie nou die tyd om skaam te wees nie. Indien jy en jou gesin ‘n behoefte aan ‘n kospakkie het, stuur jou naam en adres na my nommer, sodat ‘n pakkie afgelewer kan word,” het Kritzinger gesê.
“Dit is noodsaaklik dat inwoners of besighede wat kan help, kontantdonasies in die organisasie se rekening betaal sodat ons steeds kos kan voorsien.”
Kontant donasies kan by die volgende bankrekening inbetaal word: FNB Heidelberg, Lesedi Community Centre, rekeningnommer 62360200332, takkode 250-054.
Vir meer besonderhede of vir behoeftes aan ‘n kospakkie kan Kritzinger by 072 575 0081 geskakel word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button