Local newsNewsBreaking News

Laerskoolseun sterf in fratsongeluk

Heidelberg in skok ná Laerskool AG Visser leerder in fratsongeluk sterf. 'Sy ouers is gebreek!'.

Heidelberg het vanoggend wakker geword met die skok nuus dat een van ons laerskoolseuns gisteraand (6 April) skielik heengegaan het.

Pedré de Beer (11), ‘n Graad 6 leerder van Laerskool AG Visser is by sy ouerhuis in Rensburg in ‘n fratsongeluk oorlede.

Volgens Elzona Meyer van die Heidelberg Volunteer Medics, het sy omstreeks 20:43 ‘n hele paar noodoproepe ontvang. Meyer het telefonies bystand gelewer en ‘n ambulans ontbied, terwyl sy na die toneel gejaag het. Lede van die Heidelberg Volunteer Medics het vir meer as ‘n uur lank noodhulp op die seun toegepas maar kon hom nie red nie.

Jaco Billing (voorsitter van Laerskool AG Visser se beheerliggaam) het gesê Pedré se afsterwe is ‘n skok, hy laat ‘n groot leemte en sal ongelooflik baie gemis word.

“Almal het dit eens dat die pragtige sproetgesig, blouoog seun baie geliefd onder sy mede leerders en onderwysers was.
“Namens Mev Selma Marx (hoof), onderwysers, leerders en beheerliggaam van die skool, wil ons graag ons innige meegevoel betuig met sy ouers Paul en Rhödine en sy sussie Anelé. Ons dra die gesin op in ons gebede,” het Billing afgesluit.

Billing het met Pedré se ouers gepraat, die gesin is stukkend.

Begrafnisreëlings sal later bekendgemaak word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button