Local newsNews
Heigel Fotoklub kies nuwe bestuur en wys beste foto’s vir Februarie aan
Lede van Heigel Fotoklub het op 19 Februarie vir hul algemene jaarvergadering (AJV) bymekaar gekom, waartydens 'n nuwe bestuur verkies is. Lede se inskrywings vir Februarie se kompetisie is ook beoordeel.
Piet Bezuidenhout is as die nuwe voorsitter verkies, terwyl Nico Smit die leisels as vise-voorsitter oorneem.
Martie Bezuidenhout is as sekretaresse en Reg van Deventer as tesourier aangewys.
Michelle van Niekerk se foto ‘Two of a kind’ is as die algehele wenfoto vir Februarie aangewys en het ‘n meriete toekenning ontvang. In die junior afdeling is Elize Botha die wenner met haar foto getiteld ‘Vroegoggend koue’. Nico Smith het die voorgeskrewe onderwerp afdeling (‘panning’) gewen met sy foto genaamd ‘Duel’.

Skakel Piet Bezuidenhout by 078 507 9800 vir inligting rondom byeenkomste ná die grendelstaat.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



