Local newsNews

Devon VLU seëvier by Hoëveld Streekkonferensie

Devon VLU het eersteplek met 4 076 punte tydens die Hoëveld Streekkonferensie wat op 5 Maart te Balfour aangebied is, ingepalm.  Secunda VLU was tweede met 3 441 punte en Vaalrivier VLU derde met 2 468 punte. 

Dié konferensie het oor twee dae plaasgevind en Secunda VLU-tak het tweede geëindig vir die tak met die meeste punte op ‘n konferensie.

Devon VLU-tak het dié titel verower en altesaam 4 076 punte op die konferensie behaal.

Patrys Becker is as die Hoëveld se Vrou van die Jaar aangewys en Maretha Middel is as die vrou wat die meeste punte op ‘n Mpumalanga VLU-konferensie behaal het, aangewys.

Jeanne-Louise Swart het haar 60 jaar lidmaatskap knoop tydens die konferensie ontvang.

Gerda Swanepoel het met ‘n Mochilla-sak eersteplek in die hekelwerk afdeling behaal. Jeanne-Louise Swart het ook ‘n eersteplek met ‘n insek wat uit groente opgetower is, in die blommerangskikking afdeling ingepalm.

Annatjie Kruger het met ‘n lyfserp eersteplek in die breiwerk afdeling verdien en Maretha Middel het die borduurwerk afdeling met ‘n Mountmellick-inskrywing gewen.

Vir meer besonderhede rakende dié unie kan Maretha Middel (voorsitter) by 083 399 9676 geskakel word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button