Local newsNews

Laerskool Tini Vorster neem afskeid van geliefde juffrou Connie

Juffrou Connie Erasmus het 'n maand voor sy haar 59ste verjaardag sou vier (na 'n lang siekbed) gesterf.

Sy is op 1 Junie 1961 in Heidelberg gebore en was die jongste van drie kinders. Sy het haar loopbaan as jong, entoesiastiese onderwyser gedurende Januarie 1983 by Laerskool Tini Vorster begin en sommer vinnig diep in die harte van kollegas en leerder gekruip.

Oor die afgelope 27 jaar het juffrou Connie ‘n reusebydrae tot ondersteuning van behoeftige leerders gemaak en was sy ook die een wat elke oggend om 06:00 – winter en somer – die skool se hekke oopgesluit het sodat leerders wat vroeg afgelaai is, nie aan ongewensde weerselemente uitgelewer word nie.

Die hoof, Mnr Bennie Holm’ner het haar as ‘n lojale en toegewyde Afrikaans onderwyser beskryf en gesê dat sy sedert haar bevordering tot departementshoof van opvoedkundige leiding in 1992, die skool tot nuwe hoogtes geneem het.

“Dit was vir my as hoof ‘n voorreg om vir 27 jaar skouer-aan-skouer saam met haar te werk. Haar administrasie was netjies en korrek – onverbeterlik,”  het Mnr Holm’ner gesê.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van HERAUT.

Sy word deur haar suster Hettie Steyn oorleef en juffrou Connie se Begrafnisdiens vind op 22 Mei by die Hervormde Kerk in Nigel plaas.

Lees gerus ook Hettie Botha (vriendin en kollega) se huldeblyk op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button