Local newsNews

Grendelgreep verskerp kreatiwiteit onder Nigel VLU-lede

Terwyl lede van Nigel VLU as gevolg van die landwye grendelgreep nie hul vergadering in April kon hou nie, het dit dié kreatiewe groep nie gekeer om hul bedrywighede voort te sit nie.

Volgens Ronel Lombaard (voorsitter) gons dit op die Nigel VLU Whatsapp-groep, waar lede mekaar bemoedig, hul vrese en soms ‘n paar grappe deel.

“Deur die groep leer ons mekaar beter ken. Elke dag is ‘n reis, ‘n stukkie geskiedenis wat ons beleef en ons doen dit met positiwiteit,” het Lombaard gesê.

Toegewy aan gemeenskap betrokkenheid, is dié vlytige vroue betrokke by ‘n plaaslike voedingskema en kook sop vir behoeftiges.

Wanneer hulle nie voor die stoof staan nie, hou lede hulself met kompetisie artikels besig en Lombaard is oortuig dat vanjaar verskeie spogartikels gaan oplewer.

“Ons sien daarna uit om ons vergaderings te hervat sodra byeenkomste weer toegelaat word. Ek weet dat staaltjies oor dié gevreesde grendeltyd gedeel sal word,” het sy afgesluit.

Indien vergaderings weens Covid-19 inperkings nie binnekort kan voortgaan nie, beplan lede om digitale platforms vir dié doel aan te wend. Belangstellendes wat wil aansluit, kan vir Annemarie by 082 886 2002 skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button