Local newsNews

HERAUT kry swaar maar veg dapper voort

Sodra ‘n mens by die diep kant ingegooi word, gebeur een van twee dinge - of jy sink, of jy swem.

So is elke Suid-Afrikaner op 15 Maart na die president se aankondiging van ‘n nasionale inperking met ‘n paar nuttelose reddingsboeie in ‘n bodemlose put van onsekerheid, paniek en vrees gedompel.

Die grendelgreep het later met die aankondiging van verskillende vlakke van inperking in ‘n wurggreep ontaard.
Die staat van inperking het vir seker ‘n reuse- impak op werkende Suid-Afrikaners en kleinsakeondernemings; en menige besighede het reeds onder die toenemende ekononiese agteruitgang hul deure permanent sluit.

Dit is nie asof Suid-Afrika ‘n rotsvas fondasie voor die uitbreek van die Covid-19 pandemie gehad het nie – die krake het lankal gewys, maar op ‘n manier kon besighede nog hul wankelrige pilare staande hou, tot Covid-19 sy verwoestende kop uitgesteek het.

Vir die eerste keer sedert sy bestaan in 1985, het HERAUT ‘n uitgawe oorgeslaan toe die koerant van 29 April as gevolg van Covid-19 komplikasies nie kon verskyn nie. Dit was ‘n neerdrukkende, aaklige gevoel vir ons, sowel as ons lesers, maar HERAUT het ‘n laer gevorm en hierna met ‘n driemanskap die spreekwoordelike wa deur die drif getrek. Dit is ook met dankbare harte vir die ondersteuning van plaaslike besighede die afgelope twee maande, dat ons steeds kan voortbeur, al verg dit bloedsweet en trane.

HERAUT kry saam sy lojale lesers en plaaslike besighede swaar, maar speel onverpoosd ‘n deurslaggewende rol gedurende hierdie tyd. As gemeenskapskoerant is dit noodsaaklik om ons lesers voortdurend op hoogte te hou, nie net met plaaslike nuusgebeure nie, maar ook nuus met betrekking tot Covid-19 en die gepaardgaande inperkingsregulasies. Fopnuus is aan die orde van die dag en dit is HERAUT se plig om hierdeur te sif en met die ware feite na ons lesers te kom, in ons gedrukte uitgawes, asook deurentyd op ons sosiale platforms.

Met die pandemie wat na verwagting nog lank gaan woed, wag daar sekerlik ‘n tyd van harde klippe kou vir Suid-Afrikaners, maar daar is nie ‘n beter tyd om saam te staan as juis nou nie!

In môre (20 Mei) se uitgawe sal u weer sien ons bied ‘n platform waar plaaslike ondernemings hul dienste en produkte soos die vlakke van inperking afgradeer word, vir noodsaaklike blootstelling kan adverteer, ten einde voortbestaan te verseker.

Lees ook op bladsy 4 hoe om jou imuunstelsel sterk te hou en sien uitgebreide dienste deur plaaslike dokters en apteke gedurende die grendeltyd.
Enige besigheid in ons verspreidingsgebied, maak nie saak hoe groot of klein jy is nie, skakel ons verteenwoordigers vir bekostigbare kwotasies op bemarking pakkette wat gedrukte- sowel as sosiale media insluit.

Heraut poog om met kortingspakkette elke plaaslike besigheid tegemoet te kom om nou in hierdie uiters uitdagende tye, dit ook te bekostig om voortdurende met hul kliënte/klante te kommunikeer.

Skakel Petro by 072 999 9115 of Yvonne by 082 774 8331 vandag nog om jou ondersteuners op datum te hou met jou aanbiedinge, gewysigde besigheidsure, spesiale aanbiedinge of korting op produkte/dienste.

Dit is belangrik dat almal weet wanneer jy weer begin handeldryf, gebruik HERAUT om hierdie boodskap tot by die gemeenskap van Heidelberg en Nigel (en selfs wyer) met ‘n bekostigbare advertensie te neem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button