Local newsNews

Geliefde pastoriemoeder sterf

Bibi Wolmarans van Heidelberg is op 14 Mei in die ouderdom van 79 jaar oorlede.

Sy was met pastoor Wollie (Stoffel) Wolmarans getroud en het haar pligte as toegewyde pastoriemoeder getrou nagekom.

Haar skielike afsterwe volg ná ‘n kankerdiagnose en kort siekbed.

Uit hul huwelik van 63 jaar was ses kinders gebore, maar Bibi was ook die trotse ouma van 11 kleinkinders en grootouma van twee agterkleinkinders.

Tydens ‘n privaat roudiens wat op 20 Mei by die Pinkster Protestante Kerk plaasgevind het, het familie finaal van Bibi afskeid geneem. Dié diens is deur ‘n familievriend, pastoor Hennie de Jager waargeneem.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van HERAUT.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button