Local newsNews

Skenkings help SAVF Nigel om tekorte aan te spreek

Nigel SAVF het die afgelope drie maande sedert die grendelgreep in werking getree het, harder as ooit gewerk om te verseker dat behoeftige gesinne steeds elke maand 'n kospakkie ontvang.

Volgens Chris Engelbrecht (voorsitter) het die organisasie voortgesette skenkings van die publiek en plaaslike besighede ontvang, wat hulle in staat gestel het om met hul werk voort te gaan.

“Ons is dankbaar vir die skenkings, want in die huidige ekonomiese klimaat draai elke persoon sy sente om. Weens die inperking moes talle besighede hul deure permanent sluit en gevolglik het honderde mense hul enigste inkomste verloor, wat ‘n groter hongernood teweeg gebring het,” het Engelbrecht gesĂȘ.

Hy het bygevoeg dat hulle deur die onlangse ruim skenkings, selfs in staat was om die items in die maandelikse pakkies te vermeerder en tekorte aan te vul.

Engelbrecht het die SAVF vrywilligers wat ondanks die inperkingsregulasies uit hul pad gegaan het om kospakkies by die verskillende afsetpunte in die dorp af te lewer en selfs uit te reik na nie-geregistreerde lede wat in ernstige nood verkeer, geloof.

“Dit is ‘n emosionele uitdaging om soms vir iemand in nood te moet verduidelik dat elke pakkie reeds aan ‘n spesifieke behoeftige gesin toegewys is. Ons sou graag elke persoon in nood met voedsel wou bystaan, maar dit is ongelukkig nie altyd moontlik nie,” het Engrelbrecht afgesluit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button