Local newsNews
Covid-19: Potgieters sterk in hospitaal aan
HERAUT het op 18 Junie vlugtig met Magda Potgieter wat tans in die hospitaal aansterk nadat sy positief vir Covid-19 getoets het, gepraat.

Beide Magda en haar man het die Coronavirus opgedoen (hoewel hulle nie weet waar nie) en is na sowat twee weke waartydens hulle by tye erge verkoue-simptome getoon het, in die hospitaal opgeneem.
Magda is steeds in die intensiewesorgeenheid en het aan HERAUT gesê dat die siekte nie ligtelik opgeneem moet word nie. Hul aanvanklike verkoue simptome het later tot so mate vererger dat die egpaar vir behandeling in die hospitaal opgeneem moes word.
‘n Volledige berig sal binnekort geplaas word sodra die Potgieter-egpaar uit die hospitaal ontslaan en gereed is om hul ervaring oor die gevreesde virus met lesers te deel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



