Local newsNews

Mandjies teen die muur bring warmte en hoop

Wialize en haar man Guilliaume Rocher van Heidelberg het 'n groot nood onder minder behoeftige inwoners in die dorp raakgesien en op 'n kombers-in-die-mandjie-projek besluit.

Die egpaar het het twee mandjies met die woorde: “Need one – take one; got one – give one” teen ‘n muur by hul woning op die hoek van HF Verwoerd en Van der Westhuizenstraat aangebring.

Enige persoon wat ‘n item daarin benodig, kan dit neem sonder om daarvoor te betaal.

Die doel van die mandjies is om behoeftiges in die gemeenskap daagliks met noodsaaklike items soos kos of komberse by te staan.

“Dit is ‘n omgee-projek en ons wil graag ‘n beroep op die gemeenskap doen om hierby betrokke te raak. Enige persoon wat iets wil skenk, kan dit in die mandjie plaas en enige persoon wat iets benodig, kan dit daar ontvang,” het Wialize gesĂȘ en ander inwoners aangemoedig om hul eie mandjie-projekte van stapel te stuur, sodat die projek kan groei.

Vir meer inligting, skakel Wialize by 0828501684.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button