Local newsNews

Geliefde Tannie koekies sterf

Elsie (Meisie) Kruger het op 22 Junie in die ouderdom van 65 jaar gesterf.

In Heidelberg was sy vir haar voortreflike tuisgebak bekend en menige het liefderyk na haar as die ‘Tannie koekies’ verwys.

Elsie (wat ‘n diabeet was) is op 20 Junie gehospitaliseer toe sy in Diabetes Ketoacidosis gegaan het.

Volgens haar seun Jan (40) het sy die dag na haar opname ‘n hartstilstand beleef, maar die dokter kon daarin slaag om haar te stabiliseer.

“Daarna het haar gesondheid versleg en sy is die volgende dag oorlede,” het Jan gesê.

Ter wille van familie en vriende wat nie die begrafnis vandag (26 Junie) om 10:00 kan bywoon nie, sal daar op die groep ‘n video gedeel word: https://www.facebook.com/groups/301701947904395/?ref=share

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button