Local newsNews

Bejaarde kamermaats toets positief vir Covid-19

HERAUT het in gister (1 Julie) se uitgawe berig oor ‘n bejaarde inwoner van Suikerbosoord Aftreeoord se eenheid vir verswakte bejaardes, waar ‘n inwoner op 25 Junie positief vir Covid-19 getoets het.

Elsie Kruger is verlede week in die hospitaal opgeneem waar sy vir longprobleme behandeling ontvang het.

Volgens Heidelberg Vereniging vir Bejaardes se bestuur gaan dit met haar goed onder omstandighede.

Lede van die Departement van Gesondheid het die oord op 26 Junie besoek en na deeglike inspeksie hul goedkeuring uitgespreek met die wyse waarop die oord regulasies en protokol volg. Volgens Jannie Kotze (bestuurder) het die oord se bestuur as verdere voorkomingsmaatreëls vandeesweek die geboue weer ontsmet.

Elsie Kruger was in ‘n 4-bed kamer en as onmiddelike maatreël is die drie ander inwonders onder kwarantyn geplaas, asook personeel wat direk met die vier in kontak was.

Kotze het gister (1 Julie) bevestig dat twee van die kamermaats se uitslae ontvang is en dat beide ook positief vir die virus getoets het. Die derde persoon se uitslae is nog uitstaande.

“Aldrie inwoners bly in kwarantyn en het deurgaans telefoniese kontak met ons maatskaplike werker,” het Kotze bevestig.

Volgens Kotze is die betrokke inwoners se naasbestaandes van die uitslae ingelig.

“Almal is rustig en die personeel se toetsuitslae behoort ook eersdaags bekend gemaak word,” het Kotze bygevoeg.

Daar is tans ‘n totaal van 220 bevestigde gevalle (soos op 1 Julie) van Covid-19 in die Lesedi-streek.

Inwoners word gemaan om aan die voorkomingsmaatreëls gehoor te gee. Dra ‘n masker, was jou hande gereeld, bly by die sosiale afstand en vermy groepe en lang uitstappies na inkopiesentrums.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button