Local newsNews

VF Plus eis streng optrede teen grondbesetters

Die VF Plus in Midvaal het op 8 Julie met senior polisie-offisiere en verteenwoordigers van die Gautengse provinsiale behuising- en veiligheidskomitee vergader oor die protesaksie deur die Elandsfontein-grondbesetters.

Altesaam 24 betreders is in hegtenis geneem, maar is vrygelaat nadat die hof besluit het om nie voort te gaan met vervolging nie.

Volgens Kobus Hoffman (VF Plus-LPW: Gauteng) het die VF Plus owerhede gevra om streng teenoor grondbesetters op te tree, omdat grondeienaars se lewe in gevaar gestel word. Die party was die afgelope naweek deel van ‘n groep organisasies, buurtwagte en mense wat gehelp het om die grond en besittings van vier kleinboere in Elandsfontein, suid van Johannesburg, te beskerm toe honderde grondgrypers op die landbougrond toegesak het.

Grondeienaars se huise is met petrolbomme bestook terwyl honderde mense gedreunsing en met messe en pangas rondgehardloop het. Die groep ontstoke grondgrypers het die naweek teruggekeer nadat die Johannesburgse metropolisie kragtens ‘n hofbevel op 25 Junie onwettige strukture op die hoewes afgebreek het.

“Grondbesettings in Gauteng neem toe en owerhede kan nie toelaat dat plaasboere se grond en eiendom bedreig word nie. Die VF Plus sal voortdurend die owerhede aanspoor om toe te sien dat eiendom en mense se lewe beskerm word,” het Hoffman afgesluit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button