Organiese oemf vir jou tuin met Protek
Organiese bemesting is die oudste vorm van plantvoeding en word vandag nog net so ywerig deur tuiniers gebruik.

Protek se NutriGreen-reeks bestaan uit organiese- en organiesgebaseerde korrelmisstof gemaak van verkomposteerde pluimveemis wat met koolstof (C) verryk is en is vry van patogene, parasiete en onkruidsaad.
Organiese misstof is van nature stadigvrystellend en die ektra koolstof verbeter die verbinding van die plantvoedingselemente met jou tuingrond. Ten spyte van die feit dat die misstof ‘n langdurige werking in die grond het, blus die korrels wanneer dit natgemaak word, dus sal dit nie deur die grassnyer opgetel word nie.
Die koolstof word in die korrel geformuleer en gee nie af nie, daarom sal dit nie jou hande swart vlek of die kinders en troeteldiere jou meubels en vloere swart besmeer nie.
Organiese kunsmis bevorder die aktiwiteite van mikro-organismes in die grond wat op hul beurt die plantvoedingselemente afbreek tot in die vorm waar dit beskikbaar is vir plante om te gebruik. Gereelde bemesting met ‘n organiese kunsmis versterk die selwande van plante wat daartoe lei dat plante minder water benodig en meer gehard is teen uiterste temperature.
NutriGreen Gwano Pellets, NutriGreen Gro Green en NutriGreen Flower Power bevat die drie belangrikste plantvoedingselemente naamlik: stikstof (N), fosfaat (P) en kalium (K) asook al die mikro-elemente wat plante benodig vir gesonde groei, byvoorbeeld yster (Fe), mangaan (Mn), koper (Cu), sink (Zn) en boor (B), om maar net ‘n paar te noem.
NutriGreen Gwano Pellets is ‘n 100% organiese algemene misstof en kan in blombeddings, groente- en kruietuine en ook op grasperke toegedien word en is geskik vir bome, struike, asook blom- en vrugdraende plante. 80% Van alle tuine bestaan uit grasperke en loofplante en om te verseker dat hierdie plante welig groei en pragtige groen blare het, moet hulle gevoed word met ‘n kunsmis wat ryk aan stikstof (N) is. NutriGreen Gro Green is ‘n organies-gebaseerde misstof wat onder andere met stikstof (N) verryk is om ekstra blaargroei te stimuleer.
Vir groot, kleurvolle blomme en rose wat lank blom, voed jou plante met NutriGreen Flower Power organies-gebasseerde misstof wat onder andere met kalium (K) verryk is om blom- en vrugvorming te bevorder. Dit is ideaal vir rose, blomplante, vrugtebome asook groente.
Of jy nou ‘n ‘groen’ tuinier is of nie, die NutriGreen-reeks is die ideale organiese voeding vir jou hele tuin.
Vir meer besonderhede, skakel Protek by 011 812 9800 of 0861 PROTEK (0861) 77 68 35 of besoek www.proteksa.co.za.



