Local newsNews
Francois Meyer opgewonde om weer te veg
Francois Meyer is besig met voorbereiding vir die Alpha Mixed Martial Arts (MMA) kompetisie wat voorlopig vir einde September of vroeg Oktober beplan word.

Die kompetisie sal onder streng Covid-19 maatreëls plaasvind. Alle deelnemers sal vooraf getoets word en toeskouers sal beperk wees. Die kompetisie gaan by Kyalami plaasvind.
“Ek oefen driekeer per dag vaardighede, fiksheid, krag en dit gaan goed, al moet ek alleen oefen”, het Meyer gesê.
Meyer wat onlangs as die nasionale kampioen in MMASA aangewys is, sê hy is opgewonde om weer te kan deel neem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



