Local newsNews

Zonika reik na die sterre

Die plaaslik-vervaardigde Afrikaanse lokprent 'Racheltjie de Beer' is onlangs tydens die VSA Rhode Island International Film Festival as beste vollengte rolprent bekroon.

Die rolprent het boonop vier pryse by die SA Silwerskermfees gewen en Zonika de Vries (15) wat ‘n hoofrol daarin vertolk, is as beste jong opkomende aktrise aangewys. HERAUT het by haar ingeloer om oor haar sukses in die rolprentbedryf te gesels.
Zonika is bekend vir haar deelname aan Eisteddfods en was ‘n uitblinker in Laerskool AG Visser waar sy prestasies vir akademie, sport, kultuur en veral drama behaal het.
Volgens haar ma Jackie, het Zonika op die ouderdom van drie jaar in haar eerste konsert gespeel en was van kleins af ‘n dramakoningin. Jackie het haar dogter in Graad 1 by Cillie Cilliers se dramaskool ingeskryf en toe sy in Graad 2 was (2013) is sy deur Jakkie Groenewald ontdek en daarna het Zonika haar eerste rol in ‘n televisiereeks “Pandjieswinkelstories” (produsent André Scholtz) losgeslaan.

Sy het die rol van Saar vertolk en saam met die akteurs Elize Caywood, Willie Esterhuizen, Deon Lotz en Frank Opperman opgetree. Vanaf 2014 vertolk sy rolle in verskeie rolprente: ‘n Man soos my Pa, Sewentig maal Sewe, Dis koue kos skat (as Anna Mart van der Merwe se dogter), en Kampterrein. Zonika is in 2018 as een van vier aanbieders by Epic Hangout op SABC2 gekies,’n opvoedkundige program wat weeksdae om 05:00 uitgesaai was. In dieselfde jaar is sy gekies om die rol van Racheltjie de Beer in die Afrikaanse rolprent te vertolk, waar sy skouers met akteurs soos Stian Bam, Marius Weyers, Sandra Prinsloo, Antoinette Louw en Beate Opperman geskuur het.

“Ek was oorstelp toe ek die nuus hoor dat ek as beste jong opkomende aktrise aangewys is, aangesien drama my passie is. Ek was gebore om voor die kameras, of op die verhoog te wees en kan my nie ‘n toekoms voorstel sonder om deel te wees van ‘n draaiboek, rolverdeling, intriges, repetisies en produksie nie,” het Zonika vertel.
Zonika sê sy het tydens die verfilming van Racheltjie de Beer baie by die veteraan akteurs geleer.

Zonika de Beer reg vir haar volgende rol

Sy droom nou daarvan om eendag ‘n rol los te slaan in ‘n aksie-belaaide rolprent (waar sy ‘n geweer kan oorhaal en waaghalsige aksietonele uitvoer), maar tot dan fokus sy op haar hoërskoolloopbaan by Helpmekaar Hoërskool in Johannesburg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button