Local newsNews

Lentedagviering by Suikerbosoord

Die saal het weergalm met stemme wat hartlik "dis heerlike lente, die winter is verby," op 4 September gesing het. Dit was die inwoners van Suikersbosroord Dienssentrum vir Bejaardes wat die lente só uit vollebors verwelkom het. 

Die bejaardes het kleurvolle uitrustings aangetrek en by die saal ontmoet waar hulle met ‘n soet versnapering (wat deur inwoners self gebak is) bederf is. “Winter het vanjaar ekstra lank gevoel as gevolg van die Covid-19 inperking. Omdat ons weer bymekaar kan kom met die inperking op vlak 2, wou ons die dag behoorlik vier,” het Marlene Walkden (sosiale werker) gesê. Die hoësorgeenheid het ook in die vieringe gedeel en is bederf met ‘n kolwyntjie wat in hul kamers bedien is.

Lentedagviering met ‘n kolwyntjie vir die hoë sorgeenheid.

Walkden was aan stuur van sake en het met streng Covid-19 regulasies van sifting en sosiale distansiëring gesorg dat lentedag in al sy glorie by die oord gevier is.
“Ons het oorspronklik beplan om ‘n prettige staptog deur die oord af te lê, maar die bejaardes was te bly om weer bymekaar te kom en lentedag-liedjies te sing, dat hulle uiteindelik net lekker saam in die saal gekwetter het,” het Walkden bygevoeg.

Related Articles

Back to top button