Local newsNews

Nuwe span vat SAVF-leisels oor

Die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) Heidelberg-tak het op 22 September hul algemene jaarvergadering gehou waartydens die nuwe bestuur aangewys is.

Die Heidelberg-tak bestaan sedert 1905 en verskaf welsynsdienste aan Heidelberg en omliggende gebiede tot sover as Vereeniging. Louise Ferreira, wat die afgelope 43 jaar as sosiale werker uitblink, was die afgelope 23 jaar aan stuur van SAVF Heidelberg.

Tydens die jaarvergadering is daar boeke gevat oor die afgelope jaar se suksesse en ook laagtepunte. Vanaf Januarie het die SAVF 2042 sake hanteer, wat voorkomende en vroeë intervensie diens, individuele berading, ouerskap programme, statutêre dienste, pleegsorg, gesinshereniging, ouerskap beplanning, huweliksberading en voedingshulp insluit.

“Alhoewel die Covid-19 pandemie ‘n halt tot sekere van ons projekte gebring het, was ons steeds in staat om regdeur die inperking te werk. Ek is dankbaar en trots op elke personeellid wat sterk in hul taak bly staan het. Ons het sedert Januarie meer as 20 000km afgelê om 4 090 begunstigdes kwartaalliks te kon help,” het Ferreira gesê.

Die SAVF het groot verliese in die boekjaar gely nadat daar drie keer by hul kantore ingebreek is. Al hul rekenaars en hul bakkie is tydens die diefstalle buitgemaak.

“Alhoewel ons finansies negatief beïnvloed was deur die inbrake funksioneer ons steeds soos normaal. Dit bly egter ‘n uitdaging in ‘n gebroke wêreld,” het Ferreira bygevoeg.

Die SAVF doen ‘n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak. “Ons wil soos Jabes ons grondgebied vergroot en vra vir vrywilligers wat kan help met administratiewe take, funksie koördinering en fondsinsameling.

“Ons is dankbaar vir die hulp en donasies van die gemeenskap wat ons reeds ontvang,” het Ferreira afgesluit..

Die bestuur vir 2021 is na afloop van die hantering van die jaarverslag verkies.

Hulle is Wimpy Cronje (voorsitter), Steven Nel (vise-voorsitter), Wynandt van der Walt (sekretaris), Chrissie McClintock (tesourier) en Engela Hinds (addisonele lid).

SAVF Heidelberg is in 1905 deur vrywilligers gestig. Dr AG Visser het SAVF Heidelberg gehelp om behoeftiges te versorg deur mediese dienste te lewer sonder om enige fooi te hef. SAVF Heidelberg was instrumenteel in die stigting van ‘n distriksverpleegdiens deur die Suid-Afrikaanse Rooikruisvereniging in Oktober 1944.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button