Local newsNews

VLU Goeiehoop dames weer bymekaar na inperking

Die VLU se Goeiehoop-tak het op 11 November hul 516de vergadering gehou. 

Die dames het vir die eerste keer weer bymekaar gekom na die inperking in Februarie.

Carol du Plessis, skakelbeampte, het ingestaan vir Lizette Pretorius, voorsitter, wat nie die vergadering kon bywoon nie. Die verrigtinge is geopen met skriflesing en gebed waarna die dames besluite rondom hul uitreikingsprojek en verantwoordelikhede vir die kongres in Maart bespreek het.

Vir die kongres moet die dames 120 geskenksakke maak en vir die uitreikingsprojek onderklere en kouse skenk vir weeskinders tussen 10 en 15 jaar oud. Daar is besluit om ‘n plaaslike kinderhuis te ondersteun.

Die afsluitingsfunksie sal plaasvind op 5 Desember en kleinkinders sal ook saam die dag kan geniet. Die tak se prysuitdeling sal ook op die dag geskied.

“Ons is ‘n klein tak met slegs nege lede maar elke dame is toegewyd,” het Carol genoem, wat namens Lizette die dames bedank het.

Carol het gedemonstreer hoe om in die rondte te weef en die verrigtinge is afgesluit met die gekinkel van teekoppies saam met tuisgebakte eetgoed.

Om deel te word van die dinamies groep dames of vir navrae kan Carol du Plessis by 083 233 9624 geskakel word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button