Local newsNews

AfriForum Heidelberg-tak hou begraafplaaspatrollie

HEIDELBERG – AfriForum Heidelberg-tak hou begraafplaas patrollie op 13 Desember tussen 10vm en 12nm.

Die doel agter die inisiatief is om mense wat hul geliefdes se grafte wil besoek die geleentheid te bied om dit in veiligheid te kan doen.

“Mense voel nie gemaklik of veilig om die begraafplaas te besoek nie, veral na aanleiding van die grafte wat in die afgelope tyd by die Heidelberg begraafplaas gesaboteer en beskadig is,” vertel Lezanne Shone, skakelbeampte.

Dit is die eerste keer dat AfriForum se Heidelberg tak die begraafplaas patrollie doen.

“Ons beplan om dit meer gereeld te doen, veral oor die Kerstydperk en Paasfees wat gewilde tye is wanneer mense blomme op hul geliefdes se grafte wil sit,” het Lezanne gesê.

“Ons wil sigbaar wees in die gemeenskap sodat die mense die buurtwaglede kan leer ken. Ons is dankbaar dat ons tak groei en sien uit om ‘n daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak,” het Lezanne bygevoeg.

Vir meer inligting kan Lezanne by 072 333 2464 geskakel word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button