Amnestietydperk vir onwettige wapens verstryk binnekort
Die doel van die amnestietydperk is om die publiek aan te moedig om onwettige vuurwapens in te handig.

Die tyd vir vuurwapeneienaars om onwettige vuurwapens aan die SAPD te oorhandig verstryk aan die einde van die maand.
Vuurwapeneienaars word daaraan herinner dat die amnestietydperk op 31 Januarie eindig.
Die doel van die amnestietydperk is om die publiek aan te moedig om onwettige vuurwapens in te handig en vervolging vry te spring.
Persone wat van die geleentheid wil gebruik maak kan die Heidelberg Polisiestasie weeksdae tussen 7vm en 4nm besoek.
Die kantoor, wat die inhandiging van vuurwapens hanteer, sal ook op Saterdag (30 Januarie) en Sondag (31 Januarie) vanaf 7vm tot 4nm oop wees.
Persone wat meer inligting verlang kan vir Mari Matlala by 016 341 0341 kontak.



